Die Suid-Afrikaanse velsorgreeks Lamelle het in ’n onlangse persverklaring ’n 30 dae velsorg-regime vir bruide voor hul troue, aanbeveel.

Die afloop na jou groot dag kan stresvol wees. Jy wil graag stralend lyk. Dis belangrik om te onthou dat jou vel jou grootste orgaan is en negatief teenoor faktore soos stres, sal reageer. Jou vel kan óf olieriger óf droeër reageer. Jou vel kan ook sensitief teenoor sekere produkte reageer of jy kan selfs puisies kry!

Nóg ’n bydraende faktor, is die streng dieët wat bruide volg om perfek in hulle trourokke te pas. Jou slaaproetine is moontlik ook versteurd as gevolg van stres, opwinding en laaste voorbereidings (tafelplasings, dekor en werk).

Dít is wanneer jou vel sukkel om al hierdie negatiewe invloede te hanteer en dus aaklig en onversorgd vertoon.

Hier volg ’n paar wenke om minstens ’n maand voor die troue te begin volg:

1. Slaap minstens 8 ure per nag.

2. Sluit genoeg voedsame kossoorte in jou eetprogram in.

3. Drink daagliks ’n groente-gebaseerde skommeldrankie.

3. Drink oorgenoeg water.

4. Gebruik sonskerm daagliks.

Moets:

Die onverwagse veluitslag

As gevolg van stres kan jy moontlik onverwags puisies kry voor die groot dag. Gebruik ’n goeie velsorgbehandeling wat aktiewe bestanddele bevat, dit takel volwasse-aknee. Sodra jy enige moontlike onraad vermoed, wend dit op dié dele waar jy ’n veluitslag het, dadelik aan.

Afskilfering is noodsaaklik

Mens wil graag van oortollige droë velle en merke ontslae raak. Skilfer so elke derde dag af met ’n growwe gesigsponsie en reinigingsmiddel. Jou vel sal glansend en eentonig vertoon.

Probeer ’n gevorderde velbehandeling (op die laaste so maand voor jou troue)

Besoek enige estetiese kliniek waar ’n somatoloog die korrekte behandeling vir jou spesifieke vel, kan aanbeveel. Isa Carstens se Wellness Sanctuary in Pretoria of Stellenbosch bied terapeutiese gesigsbehandelings. Die vel word eerstens gereinig en dan word 'n verfrisser met gaas aangewend wat dien as die voorbereiding vir die afskilferingsfase. 'n Ensiematiese afskilfering is aangewend om te verseker dat gekompakteerde dooie selletjies van die epidermis effektief verwyder word. 'n Masker, kollageen oogmasker en lipbehandeling word ook gedoen.  Die behandeling word met vogroom, oogroom asook sonskerm afgesluit. Só sal jou vel eksie-perfeksie vir jou groot dag lyk!

FOTO: Facebook/Isa Carstens Academy

Probeer dié produkte:

1. Kalahari Phyto Correct Serum (R225)

Beskikbaar by uitsoek-salonne of aanlyn by www.kalaharilifestyle.com

2. Estée Lauder Clear Difference Advanced Blemish Serum (R785)

3. Clarins Gentle Foaming Cleanser (R385)

4. Vichy Normaderm Deep Cleansing Purifying Gel (R195) 

SARIE Voorbladgesig 2018 word met trots geborg deur Montblanc Lady EmblemINOARIsa Carstens AcademyKalahari en kykNET.

SARIE Voorbladgesig 2018