Die ure stap aan en die realiteit van inperking wag op ons voorstoep. Dis belangrik om nou te dink aan hoe jy die volgende 21 dae tot die beste van jou vermoë normaal kan funksioneer.

Aangesien kontak met die buitewêreld sover moontlik beperk moet word, word almal gedwing om alternatiewe planne te beraam. So hoe gemaak as dit by die versorging van jou vel kom? Boonop raak die klimaat nou kouer en dít hou óók moeilike uitdagings in. 

Jou vel gaan al hoe meer vaal lyk en uitgedroog voel. Ons moet daarop fokus om ons vel te voed en selvernuwing aan te moedig sodat ons vel gehidreerd is en gloeiend lyk. 

Só pas jy jou tuissorg aan

Span dié bestanddele in:

  • ’n Ampule, antioksidant of ligte olie is ideaal om by jou bestaande velsorg te voeg.
  • As jy velsorgprodukte in jou kas het wat alfahidroksisure of retinol bevat, span dit dadelik in om velvernuwing aan te help. Volgens ’n mediaverklaring van Nimue Skin Technology help alfahidroksisure ook om jou vel te verhelder, aknee te voorkom asook om fyn lyntjies en plooie beter te laat vertoon. 
  • Antioksidante met vitamien A, C en E sal jou vel ’n ekstra hupstoot gee.
View this post on Instagram

If this #shelfie doesn't encourage you to reorganize your skin-care cabinet, I don't know what will. Link in bio for best beauty product organizers ???

A post shared by Allure Magazine (@allure) on

Moenie te lank stort nie:

As jy te lank stort en die water is ekstra warm, dan stroop dit jou vel se natuurlike olies. Dit veroorsaak dat jou vel nog vinniger droog, geïrriteerd en styf voel. 

  • Gebruik ’n lyfwas of seep wat jou vel voed.
  • Vryf dadelik jou hele lyf met lyfroom in as jy klaar gestort het.

Onthou om jou vel goed te bevog:

Maak seker jou hele lyf bly gevoed en is gehidreerd. Boonop dra konstante handewas tot ons hande wat ook droog en styf voel, by. 

  • Jy kan selfs olyf- of klapperolie gebruik vir intense bevogtiging.
Maklike handmasker
Wend olyfolie aan jou hande en seël dit met handskoene vir 20 minute. Spoel daarna af met warm water.

Pasop ...

Faktore soos verhoogde kafeïen-inname, ’n tekort aan vitamien D, slegte eetgewoontes en veranderde slaappatrone kan ’n sigbare invloed op ons vel hê. Dit kan ook ’n negatiewe impak op ons immuniteit hê wat die regulering van toksiene bemoeilik en tot moontlike imflammasie kan lei. 

  • Maak seker dat jy steeds ’n gebalanseerde roetine tuis volg. 
  • Drink genoeg water.
  • Eet kos wat ryk aan antioksidante en minerale is.

Topprodukte om van te onthou ná die 21 dae:

Vir jou lyf ...

1. Clarins Bright Plus Brightening Body Veil (R540)

2. Sorbet Tranquil Fresh Green Tea Body Wash (R69)

3. Hey Gorgeous Vitamin C Moisturiser (R215). Beskikbaar aanlyn by www.faithful-to-nature.co.za

Vir jou gesig ...

1. Theravine Micellar Cleansing Oil (R240)

2. Nimue Hyaluronic Oil (R420)

3. Dr. Hauschka Regenerating Day Cream (R1 450)