Sedert die inperking einde Maart amptelik afgeskop het, lyk ons idee van normaal heel anders. Ons het gewoond geraak om elke dag binne die huis te wees, tensy daar dringend kosvoorrade aangevul moet word. 

Ja, vlak 4 beperk jou steeds, maar dit beteken nie dat jy in die huis vasgekluister hoef te wees nie. Vir jou gemoed én gesondheid is dit belangrik om tyd buite die mure van die huis te spandeer. Boonop help dit om kajuitkoors hok te slaan.

Geniet die son!

Dis belangrik om die natuurlike vorm van vitamien D in te kry. So bietjie tyd in die son (’n bron van vitamien D) is net wat jy nodig het. Onthou dat die tyd wat jy wel in die son moet deurbring vir jou lyf om genoeg vitamien D te vervaardig, min is. Sowat 10 minute is voldoende.

Waarom is vitamien D belangrik?

Ons lyf vervaardig vitamien D wanneer dit aan UVB-strale blootgestel word. Jy kan dus ’n vitamien D-tekort ontwikkel as jy te min sonblootstelling kry. Dis goed om jou vel aan die son bloot te stel om vitamien D te vervaardig, omdat UVB-strale die sterkste is gedurende dié tyd,” het dr. Marianne Duvenage, ’n dermatoloog van Pretoria, in ’n onderhoud aan SARIE gesê.

Dis noodsaaklik om kalsium te kan absorbeer en jou immuunsisteem te ondersteun. Jou vel produseer vitamien D sodra dit aan die son se UVB-strale blootgestel word. Pasop vir te veel blootstelling, vermy die son smiddae tussen 12:00 en 15:00.

Sonblootstelling help om jou immuunstelsel te versterk en kan dit boonop jou bui verbeter en depressie help voorkom. Dit is omdat sonlig jou liggaam se serotonienvlakke (die liggaam se goed-voel hormoon) verhoog, wat jou ontspanne en gelukkig laat voel.

Ons vereenselwig sonblootstelling met velkanker en vroeë veroudering. Tog is dit belangrik om matige sonblootstelling te kry. Dis egter noodsaaklik om nie sonskerm te vergeet nie. Jy moet altyd ’n sonskerm met ’n SBF van minstens 30 op jou vel aanwend.

Winter is op ons voorstoep, daar is verskeie navorsing wat wys dat vitamien D óók ’n goeie wapen teen siektes soos verkoue en griep is. Lees meer hier.

Probeer die produkte:

Die onderstaande produkte is almal aanlyn beskikbaar. Lees hier vir ’n volledige lys van verskaffers tydens die Covid-19-pandemie.

1. Heliocare 360 MD AK Fluid (R490)

2. Bioderma Photoderm Max Aquafluid SPF50+ (R200)

3. Lamelle Nourish Multi-Active Sun 30 (R520)

Bronne: www.healthline.com, www.bbc.com, www.newbeauty.com