Gesigwas vorm deel van ons daaglikse velsorgroetine. Volgens The New York Times is die die doel van ’n reiniger om dooie selle, olie, vuilheid en enige ander onreinighede, wat jou porieë kan verstop, te verwyder. Dit help om veltoestande soos aknee te vermy en om jou vel vir jou hele velsorgroetine korrek voor te berei.

Deesdae is daar duisende reinigingsprodukte, beskikbaar in ’n magdom van verskillende formules, bestanddele en teksture. Skuim-, jel-, melk- en klei-formules is veral gewild. Volgens Koreaanse- en Japanese skoonsheidsneigings, word dubbel- en selfs driedubbel reiniging aangemoedig. Ons vel kan nie noodwendig dit hanteer nie.

Jy moenie dit oordink óf oordoen nie. Dis dalk die oorsaak van ’n sensitiewe vel. Deur jou vel te veel te was, beskadig dit jou vel se lipiedlagie wat jou vel effektief beskerm teen bakterieë wat irritasie, sensitiwiteit, rooiheid, droogheid en ’n veluitslag kan veroorsaak.

FOTO Unsplash

Dís die regte reiniger vir jou vel …

Die ideale reiniger moet van die nodigste vuilheid ontslae raak, maar die mikroorganismes wat natuurlik op jou vel se epidermis-laag voorkom, ongedeerd laat. Dis ’n fyn balans tussen voldoende higiëne en om nie jou vel se beskermingslaag te beskadig nie.

Hoe gereeld moet ek my gesig was?

Volgens The New York Times is reiniging een maal per dag voldoende. Snags is ideaal om opgeboude vuilheid en grimering te verwyder. Aangesien ons met nagroom of serum gaan slaap, is dit juis goed om dit nie soggens af te was nie. Dit voed jou vel.

Probeer dié produkte:

1. Eucerin DermoPurifyer Cleansing Gel (R242)

2. The Body Shop Tea Tree Skin Clearing Foaming Cleanser (R115)

3. Ren Rosa Centifolia Gentle Exfoliating Cleanser (R380)

Bron: www.nytimes.com