Laser- en ligbehandelings, soos Pulsed Dye Laser en Intense Pulsed Light (IPL), bly van die doeltreffendste maniere om van ongewenste hare ontslae te raak.

Maar dié twee tegnologieë werk nie op dieselfde manier nie, volgens die Isa Carstens Akademie. By albei behandelings word ligstrale deur die kleurpigmente in ’n groeiende haarwortel aangetrek, waar dit die wortel binnedring en vernietig.

’n Laser gebruik egter net ’n enkele kleur ligstraal, terwyl ’n IPL-behandeling verskillende kleure inspan.

Kies ’n laserbehandeling as jy ’n donkerder gelaat het omdat dit meer gefokus is en minder geneig om omliggende vel te beskadig. ’n IPL-behandeling is meer bekostigbaar, maar meer sessies is dikwels nodig.

Vra vooraf jou terapeut om die regte behandeling vir jóú voor te stel. Besoek www.isacarstens.co.za

SARIE Voorbladgesig word trots aangebied in samewerking met Jimmy Choo ParfumsINOAR, die Isa Carstens Akademie en Kalahari Lifestyle