In hierdie ongewone tyd van die Covid-19-pandemie is dit baie algemeen dat ons finansies knyp. Om jouself met kwaliteit velsorgprodukte te bederf, word in talle huishoudings nou as ’n luukse en nie as ’n noodsaaklikheid bestempel nie.

FOTO Unsplash / Josh Appel

Die skoonheidsindustrie is konstant aan die verander met innoverende formulerings en bestanddele wat wonderlike voordele vir jou vel inhou. Maar in beproewende tye soos wat ons nou ervaar, is dit moeilik om dit binne ons knap begroting te regverdig.

Volgens Su-Marie Annandale, die handelsmerkbestuurder van Clere Skincare, is dit moontlik om ons velgesondheid te handhaaf sonder om groot hoeveelhede geld te spandeer.

“Daar is baie eenvoudige, bekostigbare en maklike elemente wat jy by jou gesondheids- en velsorgroetine kan inkorporeer wat tot ’n mooi vel sal bydra.”

Volg die wenke:

1. Versorg van binne

Dit wat jy inwendig inneem het ’n direkte impak op jou vel se voorkoms. Maak seker jy drink genoeg water om gehidreerd te bly, eet voedende kossoorte en neem die regte aanvullings.

2. Afskilfering

Onthou om so elke paar dae jou vel af te skilfer om van dooie velselle ontslae te raak. Jy kan selfs jou eie lyfskrop maak deur die volgende bestanddele by jou gunsteling lyfroom te voeg:

  • Sout of suiker om jou spiere te help ontspan
  • Hawermout vir ’n sensitiewe vel

Voeg jou gunsteling essensiële olie by om jou vel te kalmeer.

3. Vermy kokende warm water

Dit sal jou vel uitdroog en van natuurlike olies stroop.

FOTO Instagram / Allure

4. Slaap ten minste 7 ure 

Wanneer jy slaap, kry jou liggaam die kans om te herstel. Volgens die wetenskap is ’n goeie nagrus noodsaaklik om ons vel te herstel, hernuwe en te herstruktureer.

5. Koop slim

Daar is goeie sakpas velsorgprodukte op die winkelrakke wat goed werk. 

Probeer die produkte:

Clere Nourishing Body Crème Cocoa Butter (R30)

Garnier Skin Active Oil Control Complete Deep Clean Face Wash (R20)

Johnsons Fresh Hydration Night Cream (R80)

Pond's Lasting Oil Control Vanishing Cream (R38)

African Extracts Rooibos SPF15 Moisturising Day Cream (R68)