Vrugte is nie net vir eet nie. Dit kan ook deel van jou daaglikse velsorgroetine wees. 

Die tydskrif Harper’s Bazaar het die Amerikaanse TV-aanbieder Elizabeth Chambers Hammer se velsorgroetine aanlyn gedeel. In die video gee sy skoonheidswenke en verklap dat papaja deel van haar velsorgroetine vorm.

“Dit help jou vel om van dooie selle ontslae te raak en laat dit glansend lyk,” verduidelik Elizabeth. Sy sny ’n klein skyfie papaja sodat sy dit maklik kan vashou. Sy smeer die papaja oral aan haar gesig en spoel dit dan af.

FOTO: Getty Images / Gallo Images

Buiten die voordele wat die vitamien C, antioksidante en vesel in papaja vir jou liggaam inhou, bevat die vrug ook die ensiem papaïen en alfahidroksisure, wat albei goed is vir jou vel. 

Die voordele van papaja vir jou vel:

1. Bevog jou vel

Papaïen help om ’n droë vel te bevog en te hidreer.

2. Verminder pigmentasie

Alfahidroksisure dien as ’n afskilferaar, verhelder jou gelaat en versag merke en pigmentasie.

3. Streel ekseem

Die ensieme in papaja wat help om dooie velselle af te skilfer en onsuiwerhede te verwyder, help ook om krapperigheid en rooiheid te streel.

Bronne: www.stylecraze.comwww.harpersbazaar.com