Oë wat sprankel, trek maklik jare van jou ouderdom af. Maar het jy geweet daar is ’n regte en ’n verkeerde manier wanneer dit kom by oogroom aanwend? Die skoonheidshuis Olay deel dié wenke in ’n persverklaring.

Onthou! Versorg jou oog-gedeelte goed - dis waar jy dikwels die spore van veroudering eerste sien omdat dié deel van jou gesig voortdurend beweeg wanneer jy praat en emosie uitdruk.

#1 Moenie

… aan jou vel trek nie.

Die vel rondom jou oë is baie dun en bevat minder oliekliere as die res van jou gesig. Fyn lyntjies en plooie vorm dus makliker, veral as jy daagliks aan dié vel “trek” wanneer jy bv. jou oogroom aanwend of gedurig deur die dag aan jou oë vryf. Gebruik daarom jou ringvinger (dit word beskou as die vinger met die minste krag) om jou oogroom liggies rondom jou oë aan te tik.

#2 Moet

… wend dit reg aan.

Tik jou oogroom liggies onder jou oë aan vanaf die binnehoek na buite. Wend die res net onder jou wenkbroue aan.

#3 Moenie

… te veel aanwend nie.

Pasop om nie te veel van die produk aan te wend nie. Dit kan jou oë pofferig laat lyk en selfs in jou oë inloop en dit irriteer. Gebruik net ’n ryskorrel-grootte vir altwee oë.

#4 Moet

… laat dit intrek.

Gee jou oogroom sowat ’n minuut om behoorlik in te trek voor jy grimering aanwend. Oortollige oogroom op jou veloppervlak kan maak dat jou grimering vinniger van jou vel af “gly” en meer aangeplak lyk.

Probeer die nuwe oogrome:

1. Olay Eyes Illuminating Eye Cream (R295)

‘n Spesiale jel- en roomformule word gekombineer on donker kringe en verkleuring onder jou oë te behandel en verhelder.

2. Neutrogena Hydro Boost Eye-Awakening Gel-Cream (R140)

Hialuronsuur bevog en verfris onmiddellik moeë oë.

3. Nuxe Merveillance Expert Lifting Eye Cream (R424)

Verbeter die voorkoms van fyn lyntjies en pofferigheid rondom jou oë. By uitsoektakke van Woolworths, Truworths en Foschini

4. L’Oréal Paris Skin Perfection Anti-Fatigue Eye Awakening + Correcting Cream (R140)

Kafeïen en vitamien C verfris en vehelder jou oë.

5. Gatineau Aquamemory Moisture Replenish Eye Roll-On (R440)

Die ronde balletjie maak dit maklik om die produk aan die fyn vel van jou oë aan te wend.