Beide vitamien A en vitamien C hou wonderlike voordele vir jou gesondheid in. Slegs ’n klein hoeveelheid van die vitamiene wat ons in die vorm van pille inneem, kom egter by ons vel uit. Dís hoekom skoonheidsprodukte wat vitamiene bevat, noodsaaklik is. Die voordele wat dit vir jou vel inhou, is legio!  

FOTO Unsplash

Vitamien A

Vitamien A werk velveroudering teen. Dit het die vermoë om kollageen te stimuleer sodat jou vel plomper en jeugdiger lyk. Dit skilfer ook onsigbaar die boonste deel van jou vel af vir ’n gladder, stralende gelaat, dit behandel aknee, donker vlekke (pigmentasie), plooie en fyn lyntjies. Vitamien A normaliseer selvernuwing en sebumvervaardiging.

Die mees algemene vorms van vitamien A is …

Soek vir produkte wat retinol, retinielpalmitaat (retinyl palmitate) of retinielpropionaat (retinyl propionate) bevat.

Probeer dié produkte:

Gr8 Skincare Reset Night Serum (R425)

SKOON. Retinin Minipot (R359). Beskikbaar aanlyn by www.faithful-to-nature.co.za 

Vitamien C

Dit help om velinflammasie te voorkom en ontwrig die proses waardeur pigmentasie vorm, wat dit ’n belangrike bestanddeel maak om ’n jonger, helderder gelaat te verseker. Boonop beskerm vitamien C jou vel teen sonskade, wat tot verkleuring, pigmentasie en selfs velkanker kan lei. Vitamien C neutraliseer die vrye radikale wat deur UV-blootstelling vrygestel word.

Het jy geweet?

Aangesien vitamien C ’n antioksidant is, het dit ’n beperkte rakleeftyd. Die molekules oksideer sodra dit aan lig, hitte en lug blootgestel word. Indien die serum van kleur verander en geel vertoon, het die produk verslaan en sal dit minder effektief wees. Bêre jou serum op ’n koel, donker, droë plek. Wees ook op die uitkyk vir formules wat nie water bevat nie of spesifiek geformuleer is om die vitamien C langer te laat hou. 

Probeer dié produkte:

The Body Shop Vitamin C Skin Boost Instant Smoother (R250)

Vichy Liftactiv Vitamin C Brightening Skin Corrector (R375)

Bron: www.elle.com