Velsorg lê baie van ons na aan die hart. Velkwessies is universieel, dink maar aan plooie, fyn lyntjies en pigmentasie. Oor die wêreld heen is dit ’n alewige stryd om ’n vlekkelose en glansende gelaat te handhaaf.

Sien jy iemand met só vel, kan jy nie help om te wonder wat hul geheim is nie. Die oorsprong van baie van hierdie slim truuks is te danke aan ’n spesifieke land waar faktore soos die klimaat en wat plaaslik te kry is, ’n groot rol speel.

Hier volg so paar geheime as dit by velsorg kom wat jy op die proef kan stel:

1. Indië

FOTO Unsplash / Julian Yu

Borrie van die ooste is propvol voedingstowwe en antiseptiese eienskappe. Daar word geglo dat dit jou vel verhelder en glansend laat.

Probeer: The Great Skin Co. Radiance Turmeric Clay Face Mask (R150) Beskikbaar aanlyn by www.faithful-to-nature.co.za

2. Thailand

FOTO Unsplash / Robin Noguier

Sitroengras is gewild onder vroue in Thailand om hul vel te detoks. Hul stoom hul gesigte met die stronke wat by kokende water in ’n koppie gegooi word. 

Probeer: Naturals Beauty Teen Face Wash with Lemongrass and Buchu (R110) Beskikbaar aanlyn by www.faithful-to-nature.co.za

3. Suid-Afrika

FOTO Unsplash / Yasmine Arfaoui

Daar word met goeie rede na die kremetartboom as die boom van lewe verwys. Olie afkomstig van dié boom bevat vitamien C en kalsium, perfek om jou vel sysag, egalig en te bevog.

Probeer: Skin Creamery Facial Hydrating Oil (R325) Beskikbaar aanlyn by www.faithful-to-nature.co.za

4. Bulgarye

Bulgarye is bekend vir die Roosvallei waar daar al vir eeue lank rose gekweek word. Byna 50% van die wêreld se roosolie word hier geproduseer. Roosolie bevat antioksidante wat help om jou vel te kalmeer. 

Probeer: Dr. Hauschka Rose Day Cream (R629) Beskikbaar aanlyn by www.woolworths.co.za

5. Griekeland

FOTO Unsplash / Nazar Hrabovyi

Die Grieke is gaande oor olyfolie, nie net vorm dit deel van hul gunsteling disse nie, maar hul gebruik dit graag vir hul vel, naels en hare. Olyfolie is propvol vetsure en antioksidante wat jou vel bevog, velveroudering teenwerk en sonskade help herstel.

Probeer: Hey Gorgeous Creme de la Creme Olive & Vitamin E Night Cream (R209) Beskikbaar aanlyn by www.faithful-to-nature.co.za

Bronne: www.travelandleisure.com, www.byrdie.com, www.thetravel.com