Net soos wat jy in die winter slaai, vrugte en roomys vir heerlike sop, bredies en warm sjokolade verruil, het jou vel óók behoefte aan verandering.

Met nog ’n kouefront wat woed, word sonnige Suid-Afrika met ’n kouer klimaat oortrek wat jou nie net sal laat bibber van die koue nie, maar óók jou vel sal beïnvloed.

Verder impliseer dit ook droër lug wat beteken dat daar minder vog in die lug is. Dit kan tot droog- en gedehidreerde veltoestande lei. 

Volgens die velsorgreeks Kalahari kan jy die volgende wenke maklik deel van jou daaglikse roetine maak.

1. Beperk jou tyd in die stort

Warm water verdamp baie vinnig. Die stoom kom in aanraking met jou droë, gekraakte vel en oop senupunte wat tot ekseem en jeukerigheid kan lei. Te warm water dehidreer jou vel en kan jou vel se natuurlike olies stroop. Dié olies is noodsaaklik om jou vel te voed en te help bevog. Probeer om kokende warm water te vermy.

2. Bevog jou lyf so gou as moontlik

As jy klaar gestort of bad het, is dit belangrik om dadelik jou vogroom wat vir jou lyf én gesig geformuleer is, aan te wend. Dit sal help om vog beter in te seël. Jy kan ook jou vogroom vir ’n lyfolie verruil vir ekstra bevogtiging. Wees op die uitkyk vir produkte met bestanddele soos vitamien E en klapper- of olyfolie.

3. Werk sagkens met jou vel

Moenie oormatig jou vel afskilfer nie, weekliks is voldoende. Dit kan jou vel se lipiedlaag beskadig wat jou vel se vermoë om vog te behou, kan belemmer.

4. Goeie lugvoggehalte 

Verwarmers en verhitte vertrekke droog die lug uit wat jou vel irriteer en bestaande droogheid en dehidrasie net kan vererger. Gebruik ’n vogsproeier (humidifier) om verlore vog te help vervang.

5. Moenie van jou lippe vergeet nie

In die winter raak ons lippe vinnig droog. Maak seker jy het altyd ’n voggewende lipsalf of lipbalsem byderhand om jou lippe te bevog en teen die elemente te beskerm.

6. Sonskerm steeds noodsaaklik

Moenie dink dat kouer weer jou immuun teen sonskade maak nie. Die son kruip dalk meer gereeld agter die wolke weg, maar sonblootstelling is steeds onvermydelik. Wend soggens sonskerm aan om jou vel teen skadelike UV-strale te beskerm. Sonskerm help ook om ’n beskermende lagie oor jou vel te vorm wat uiterste koue weerstaan en vogverlies help voorkom.

7. Kies die regte velsorgprodukte vir jóú vel

In die winter benodig ons vel ekstra vog om optimaal te funksioneer. ’n Ampule, antioksidant of ligte olie is ideaal om by jou normale velsorgroetine te voeg. Produkte met alfahidroksisuur en retinol help velvernuwing aan, met antioksidante soos vitamien A, C en E wat die vel ’n ekstra hupstoot gee.

Probeer dié produkte:

Koop jou gunstelingprodukte van Kalahari by www.kalaharilifestyle.com

En 20% afslag vir alle SARIE-lesers wanneer jy die kode hieronder gebruik.