Die koue lug buite afgewissel met verwarmers binne kan jou vel so erg dehidreer dat dit selfs barsies kan vorm en seer wees.

FOTO: Getty

Hier volg ’n paar wenke oor hoe om jou liggaam se grootste orgaan teen die koue te beskerm:

1. Behou vog in die lug

Verwarmers droog die lug en jou vel uit. Dit is dus noodsaaklik om vog terug in die lug te kry. Gebruik ’n bevogtigertoestel (humidifier) of moenie die verwarmer aanskakel nie.

2. Moenie in stomende water bad of stort nie

Warm water verdamp baie vinnig. Die stoom kom in aanraking met jou droë, gekraakte vel en oop senupunte wat tot ekseem en jeukerigheid kan lei. Te warm water dehidreer jou vel. Dus moet jy ná jou bad of stort bevogtigende room aanwend. Een met hialuronsuur is die beste opsie.

3. Wend daagliks ’n vogroom aan

Wend klapperolie aan voordat jy bad of stort. Dit beskerm jou vel teen dehidrasie. Dis ook belangrik om ’n vogroom ná jou bad of stort in te smeer. Wees op die uitkyk vir bestanddele soos vitamien E en klapper- of olyfolie.

4. Moenie jou vel té gereeld afskilfer nie

Afskilfering sal jou vel nog meer uitdroog. Skilfer slegs af wanneer jou vel nie te droog is nie. Een maal per week is genoeg.

5. Bly gehidreer

Drink groentee in plaas van koffie, dit is ryk aan antioksidante. Ons is geneig om minder water gedurende die kouer maande te drink, maak seker jy drink genoeg. Kies voedselsooorte wat omega 3- en omega 6-vetsure bevat, soos visolie, vlassaadolie en pampoensaad.

FOTO: Getty

Probeer dié produkte om jou vel bevog te hou:

Vir jou gesig ...

1. Kalahari Hydralite Moisturiser (R284) 

2. Kalahari Phyto Barrier Protection (R330)

Vir jou lyf ...

1. Kalahari Marula Body Oil (R229)

2. Kalahari Baobab Body Balm (R363)

Beskikbaar by uitsoeksalonne of aanlyn by www.kalaharilifestyle.com

Bronne: www.huffingtonpost.com

Vanjaar se SARIE Voorbladgesig word moontlik gemaak deur Montblanc, INOAR, kykNET, Isa Carstens Akademie en Kalahari Lifestyle. Onthou om in jou Augustus 2018-uitgawe te kyk wie die SARIE Voorbladgesig se top-10 gehaal het.