1. Ek is baie ingestel op geur en die afgelope vyf jaar is ek versot op Yves Saint Laurent Cinema-parfuum. Dis van die mark af in Suid-Afrika, maar ek het vriende wat vir my ’n bottel saambring wanneer hulle oorsee gaan. Ek koop ook Yves Saint Laurent Elle (R830 vir 50 ml EDP).

Yves Saint Laurent Elle

2. Ek kry gereeld komplimente dat my lyf se vel mooi en sag is en dis te danke aan Johnson’s Baby Lotion (R49,95 vir 500 ml). Ek het nog nooit ’n ander lyfroom gebruik wat so goed werk en so lekker ruik nie!

Johnson's Baby Moisturising Lotion

3. Ek is dol op Clinique se gesigseep (R170). My vel is sensitief en ek het lank gesoek na ’n produk wat vir my werk. Totdat ek hierdie seep gevind het wat my vel laat gloei.

Clinique

WAT IS JOU GUNSTELING-SKOONHEIDSPRODUK?