’n Beeldskone advertensie van ’n parfuum is net so spesiaal soos die geur self. Dié dat daar soveel beplanning agter Chanel se advertensie vir Coco Mademoiselle was.

Die Britse aktrise Keira Knightley is die gesig van Coco Mademoiselle en die ster van die advertensie wat in Parys deur die regisseur Joe Wright verfilm is. Dié twee het ook met die maak van die flieks Pride & Prejudice en Atonement saamgewerk.

In die advertensie word Keira tydens ’n fotosessie afgeneem en verlei sy die fotograaf. Maar dan verdwyn sy! Wanneer hy by die venster uitkyk, sien hy Keira waar sy op haar bromponie wegry.

Die sexy beige eenstuk wat sy dra, is deur Chanel-modeontwerper Karl Lagerfeld ontwerp.

FOTO: Verskaf FOTO: Verskaf

Chanel Coco Mademoiselle EDP is nou ook in ’n 200 ml-weergawe beskikbaar teen R2 500.

* Kyk hier na agter-die-skerms-foto’s en sketse tydens die maak van die Coco Mademoiselle-advertensie:

FOTO: Andrew Cooper vir CHANEL FOTO: Andrew Cooper vir CHANEL

FOTO: Andrew Cooper vir CHANEL FOTO: Andrew Cooper vir CHANEL

FOTO: Andrew Cooper vir CHANEL FOTO: Andrew Cooper vir CHANEL

FOTO: Andrew Cooper vir CHANEL FOTO: Andrew Cooper vir CHANEL

COCO MADEMOISELLE_Photo Set_25 FOTO: Andrew Cooper vir CHANEL

COCO MADEMOISELLE_Photo Set_32 FOTO: Andrew Cooper vir CHANEL

* Kyk hier na die langer weergawe van die advertensie: