Die aktrise Blake Lively is onlangs aangewys as die nuwe gesig van L’Oréal. Haar take in dié rol is nie net om ’n mooi gesiggie te wees nie.

L’Oréal het haar Parys toe genooi sodat sy meer oor die wetenskap agter al die skoonheidsprodukte kon leer.

Kyk hier na die video waar Blake haar persoonlike definisie van skoonheid deel, leer hoe om haar eie lipstiffie te maak en uiteindelik aangewys word as die nuwe gesig van die gewilde skoonheidshuis!