Kan dit wees dat daar sowaar één goeie ding van aknee kan kom? Die vel van mense wat voorheen met aknee gesukkel het, wys eers later tekens van veroudering, soos plooie en ’n verlies aan fermheid, as dié wat met ’n vlekkelose vel geseën is. Dít volgens ’n splinternuwe studie deur dermatoloë van die Britse universiteit King's College London.

In die interessante studie, wat onlangs in die Journal of Investigative Dermatology gepubliseer is, is bevind mense wat voorheen erge aknee gehad het, het langer chromosoom-telomere, beskermende “doppies” wat keer dat jou genetiese materiaal beskadig word, in hul witbloedselle. Dit beteken dat dié selle stadiger afbreek en sodoende die normale verouderingsproses, onder meer die vorming van plooie, vertraag, volgens ’n persverklaring.

Ten spyte van dié goeie nuus kan dit steeds moeilik wees om aknee doeltreffend te behandel, veral volwasse-aknee, wat by tot 50% van vroue tussen die ouderdom van 20 en 40 gediagnoseer word.

As jy met volwasse-aknee sukkel, probeer dié produkte:

Bronne: www.kcl.ac.uk, www.allure.com, www.newbeauty.com

Lees nou

MasterChef SA-sussie toor velsorgprodukte op

Tekkies vir die kantoor