Paul is bekend vir flieks soos The Fast and the Furious, Eight Below, Flags of Our Fathers en Into the Blue.

Dié akteur is egter nie net 'n mooi gesig nie. Hy het mariene biologie studeer en maak geen geheim vir sy liefde vir die see en die bewaring daarvan nie. Paul is selfs betrokke by die dokumentêre reeks, Expedition Great White, op die National Geographic-kanaal.

“Ek het 'n intieme verhouding met die see en Davidoff Cool Water is die ideale see-geur,” sê Paul.

Kyk uit vir Paul in Julie wanneer die advertensieveldtog geloods word en moet hom ook nie misloop in sy nuwe fliek, Fast Five, wat aan die einde van die jaar uitgereik word nie.