Ons is mal daaroor as bekendes hul slim en interessante skoonheidsgeheime deel!

Die Amerikaanse aktrise Dakota Johnson, bekend vir haar rol in die 50 Shades of Grey-flieks, het onlangs in ’n onderhoud met die tydskrif Glamour ’n maskara-truuk gedeel wat sy by haar ouma, die veteraan-aktrise Tippi Hedren, geleer het.

In die onderhoud vertel Dakota dat haar ouma eendag gesien het hoe sy maskara aanwend. “Sy sê toe vir my as jy ’n grimeerspieëltjie laag op jou skoot hou en die maskara aanwend terwyl jy afkyk, sal jou wimpers van wortel tot punt bedek word.”

Dakota, Mama and me. 3 generations of actress's. Vanity Fair is so sweet to have us??

A post shared by MELANIE (@melanie_griffith57) on

Ons het dié wenk probeer en dit werk inderdaad! Ons dink dis ’n slim truuk om te gebruik wanneer jy vinnig deur die dag jou maskara moet aanwend of opknap.

Dakota kom omtrent uit ’n sterbelaaide familie uit. Haar pa is die akteur en sanger Don Johnson en haar ma die aktrise Melanie Griffith. Melanie se tweede huwelik is met die Spaanse akteur en sanger, Antonio Banderas. Ouma Tippi (Melanie se ma) was ’n bekende aktrise en model in die 1960’s.

Dakota en haar ma, Melanie Griffith.

Dakota and Mama?? photo by Mario Testino ???? 20014 #proudmama # love @mariotestino

A post shared by MELANIE (@melanie_griffith57) on

Dié maskaras is nuut op die rak:

1. Revlon Mega Multiplier Mascara (R169)

Dié formule gee jou wimpers volume en lengte en is boonop waterbestand.

2. Max Factor Excess Volume Extreme Impact Mascara (R210)

Skep eers hope volume met die een borselpunt en maak jou wimpers dan gitswart met die ander borselpunt.

3. L’Oréal Paris False Lash Superstar X Fiber (R200)

’n Wimper-basislaag en maskara in een!

4. Elizabeth Arden Lasting Impression Mascara (R365)

Die spiraalvormige borsel van dié maskara sorg dat elke wimperhaartjie individueel bedek word vir definisie.

5. Maybelline The Colossal Big Shot Volum’ Express Mascara (R150)

Net een lagie is nodig vir oë wat wawyd oop lyk.

Bronne: www.glamour.com, www.usmagazine.com