Dié reeks bestaan uit pastel-skakerings soos pienk, grys en ivoor, maar dis die oogomlyner wat die voorkoms soos dit by die onlangse Chanel-modevertonings gedra is sy karakter gee. 

’n Sterk geometriese lyn word met ’n swart oogpotlood oor die boonste ooglid getrek en afgerond met ’n skuins lyntjie aan die kante vir ’n jeugdige voorkoms.

Die nuwe reeks is geïnspireer deur ’n 1920’s-waterverfskildery van Gabrielle "Coco" Chanel deur die kunstenaar Marie Laurencin, en sal vanaf einde Julie by uitsoektakke van Edgars beskikbaar wees.