Ek het my huidige styl gekies, want my hare is wild en weerbarstig en laat dit eenvoudig nié tem nie. Ek kan dit ook nie self reguit blaas nie, nou los ek dit maar. Ek hou van my hare se lengte en dra dit al 20 jaar in dieselfde styl.

Die grootste uitdaging met my hare is om te keer dat dit te veel kroes (frizz) en om die krulle gedefinieerd te hou. My hare is ook droog en ek begin grys raak.

My gunsteling-haarproduk is Schwarzkopf Silhouette Push Up Volume Gel Mousse (R163) – dis perfek vir stilering. Ek hou ook van Kérastase-sjampoes en opknappers.