Haar derde parfuum is ’n ligte geur met note soos mandaryn, pruim, frangipani, orgidee en crème brûlée. Dis ideaal vir die dag. Avril het al twee ander parfuums, Black Star en Forbidden Rose, uitgereik.

“Wild Rose is vir die vrye gees,” sê Avril. Sy wil met Wild Rose meisies inspireer om hul drome na te streef en die lewe te geniet.

Die advertensie vir dié parfuum is deur Dave Meyers geskep (sien hieronder). Dave is bekend as regisseur van musiekvideo’s en werk gereeld met Avril, maar ook P!nk, Shakira, Kelly Clarkson, Britney Spears..

* Wild Rose (R390 vir 50ml EDP) is vanaf 12 September 2011 by uitsoektakke van Edgars, Red Square, Stuttafords, Truworths, Dis-Chem en Foschini beskikbaar. 

Volg SARIE op Twitter en Facebook