1. Redken Glass 01 Serum (R265): My hare lyk glad nie olierig as ek dié serum gebruik nie en ná al die kleur en stileerysters wat my hare verduur, is ’n klein druppeltjie al wat nodig is om dit sag en blink te maak. Dis dalk ’n duur produk, maar dit hou baie lank!

2. L’Oréal infallible Concealer (R139,95): Nadat ek my gesig gereinig en bevog het, is my eerste stap om van die donker kringe onder my oë ontslae te raak. Ek verkies ’n natuurlike voorkoms, en dié verbloemer is een van die bestes wat ek al probeer het.

3. M.A.C Eyeshadow in Shroom (R160): Ek is steeds verstom oor hoe dié kleur my oë terselfdertyd natuurlik én treffend laat lyk. Ek kan dit as ’n aksentkleur vir donker rokerige oë aanwend, óf alleen saam met ’n bietjie maskara gebruik.