Die internet is omtrent in rep en roer oor dié nuus! Blykbaar soen die aantreklike Robert Pattinson, wat tot onlangs toe nog met Kristen Stewart (sy medester in Twilight) uitgegaan het, ’n geheimsinnige blondine in die advertensieveldtog. Ons kan nie wag om meer te sien nie!

Robert Pattinson se eerste groot rol was in 2005 in die fliek Harry Potter and the Goblet of Fire. Maar dit was toe hy die rol van Edward Cullen losgeslaan het, dat hy wêreldberoemd geword het. Ander rolprente waarin hy gespeel het, sluit in die romantiese dramas Remember Me en Water for Elephants.

Hy speel ook eersdaags saam met The Great Gatsby se Carey Mulligan in die rolprent Hold on to Me. In dié riller speel Robert ’n karakter wat misbruik word wanneer ’n geldmaakskema skeefloop. Tot dan vermaak hy ons nog in sy rol as die nuwe gesig van Dior Homme!