Die Grammy-wenner Rihanna het haar donkerkop verruil vir gewaagde helderblou hare!

Sy het op Instagram met haar nuwe helderkleurige kapsel gespog toe sy ’n foto van haarself in ’n glansryke karnaval-uitrusting gedeel het. Sy was in haar tuisland Barbados, waar sy die Crop Over-fees bygewoon het. Wie weet, dalk was dit al die tyd net ’n pruik?

crawpova '17 #AuraForCropOva @aura_experience

A post shared by badgalriri (@badgalriri) on

the @aura_experience caught by @dennisleupold #BARBADOS #cropover2017 #culture

A post shared by badgalriri (@badgalriri) on

Rihanna was nog nooit bang om met haar haarkleur te eksperimenteer nie. Haar hare was al bruin, swart, rooi en selfs grys. Ons dink dié helderblou kleur pas haar!

crawpova. '17

A post shared by badgalriri (@badgalriri) on

Vandag is enigiets moontlik as dit kom by haarkleur. Soek jy hare so pienk soos spookasem of so groen soos gras, kan jou haarkapper dit waarskynlik optower. Deesdae duik daar byna elke maand ’n nuwe vreemde kleurtendens op. Hiér is ’n paar van die meer gewaagde haarskakerings wat ons die afgelope tyd gewaar het ...

1. Denim-hare

… want nes jou gunsteling-jeans pas jou hare nou by enige uitrusting!

2. Gloei-in-die-donker

Jou hare lyk dalk met die eerste oogopslag gewoon, maar wag tot die swart lig aangeskakel word ...

Black light rainbow dutch braid (Lol at the dye all over my hood)

A post shared by Megan McKay (@rainbowmegz) on

3. Soos ’n sonsondergang

Só kan jy die mooiste sonsondergang ooit laat voortleef in jou haardos.

4. Knoopdoop-kleur

Vergeet van hemde knoop en doop. Probeer dié kleurtegniek op jou hare!

5. Helfte-helfte

En as jy nie kan besluit watter skakering om jou hare te kleur nie, probeer sommer twee op een slag, soos Lady Gaga.

JOANNE WORLD TOUR @fredericaspiras hair @sarahtannomakeup makeup 3 days #joanneworldtour #Joanne

A post shared by xoxo, Gaga (@ladygaga) on

Bronne: www.usmagazine.com, www.telegraph.co.uk

Lees nou

Kan jy raai wat dié gewildste haarstyl op Pinterest is?

5 dinge wat jy nie oor sproete geweet het nie