Die bekende Franse skoenontwerper Christian Louboutin het pas ’n naellak bekend gestel in dieselfde kenmerkende rooi kleur as die rooi sole van sy hakskoene.

Maar wat dié naellak, Rouge Louboutin, meer indrukwekkend maak, is die verpakking. Die skerppunt-doppie van die bottel is dieselfde lengte as die hak van die bekende Louboutin Ballerina Ultima. Dié skoen spog met die hoogste hakke wat Christian Louboutin al gemaak het – ongeveer 20 cm! Boonop word die bottel ook verpak in ’n boksie met leerafwerking.

Die top-10 kleure vir jou naels!

Met dié eerste skakering (daar word later nog 30 skakerings bekend gestel) vier Christian Louboutin ook die geboorte van sy skoene se ikoniese rooi sole 22 jaar gelede. “Ek het destyds ’n bottel rooi naellak by my assistent gegryp en die kleur aan die onderkant van ’n skoenontwerp geverf. Dit was die begin van my kenmerkende rooi sool,” het die Paryse skoenontwerper gesê.

Stap vir stap: Vloot-geïnspireerde naels

Die modehuis het onlangs dié foto op hul Instagram-profiel gedeel.

Hoewel ons Rouge Louboutin nie gou in SA sal sien nie, sal só ’n bottel jou sowat R530 ($50) uit die sak jaag – dis tans die duurste naellak op die mark.

Karl Lagerfeld se kat kry eie grimeerreeks - lees meer!