Vroue wat met natuurlike sproete geseën is, het dit in die verlede dalk probeer verbloem, maar danksy die Hertogin van Sussex, Meghan Markle, raak dit nou al hoe gewilder om dit eerder te beklemtoon. En hoekom nie? Dit laat jou gesig jeugdig en sonbruin lyk en lyk mooi natuurlik.

Meghan is bekend daarvoor dat sy nooit haar sproete wegsteek nie - nie eers op haar troudag nie! Haar sproete was duidelik op haar gesig te sien en sy het steeds pragtig gelyk. En dit lyk of al hoe meer vroue haar voorbeeld volg ...

??

A post shared by Kensington Palace (@kensingtonroyal) on

Die sanger Ariana Grande verskyn dié maand op die Britse Vogue se voorblad met haar sproete ook duidelik sigbaar.

Meghan se sproete lei selfs daartoe dat vrouens sproete op hul gesig laat tatoeëer! Vroue sê die sproete laat hul gelaat jeugdiger en natuurliker lyk, berig die Amerikaanse webtuiste AOL.com. Lees meer hiér.

Hiér is 5 dinge wat jy dalk nie oor sproete geweet het nie:

#1 Dis geneties

Sproete is klein vlekkies op die vel wat uit melanien (die pigment wat jou vel sonbruin laat vertoon) bestaan. Die voorkoms daarvan word deur jou gene bepaal en dis gewoonlik meer sigbaar op ’n ligter velkleur.

#2 Jy word nie daarmee gebore nie

Natuurlike sproete ontwikkel dikwels eers in jou kinderjare as gevolg van sonblootstelling. Gewoonlik verdof dit dan weer geleidelik soos wat jy ouer word.

#3 Dis soos ’n sonskerm vir jou vel

Melanien werk soos ’n natuurlike sonskerm vir jou vel. Wanneer die son jou vel brand, word meer van hierdie pigment afgeskei en vorm dit sproete (of sonvlekke of pigmentasie as jy ouer is). Die vlekke absorbeer UV-lig sodat dit nie die selle in die dieper deel van die vel beskadig nie.

#4 Dit verskil van pigmentasie …

Sproete en pigmentasie vorm op dieselfde manier, hoewel laasgenoemde gewoonlik groter en oneweredig is en eers later in jou lewe sigbaar word. Dié vlekke word ook deur ander faktore buiten sonblootstelling veroorsaak, soos vrye radikale, hormoonveranderinge, spanning en veroudering.

#5 Nie alle rooikoppe het sproete nie

Natuurlike rooi hare word dikwels geassosieer met sproete. Dit beteken egter nie dat álle rooikoppe sproete het nie. Dit is omdat verskillende gene rooi hare en sproete bepaal. Na raming het 20% van alle natuurlike rooikoppe nié sproete nie. ’n Baie ligte vel verhoog rooikoppe se kans om sproete te kry.

Dié bekendes steek ook nie sommer hul sonsoentjies weg nie:

Emma Watson

Demi Lovato

Freckles on point ?? #nomakeup

A post shared by Demi Lovato (@ddlovato) on

Julianne Moore

Lucy Liu

#SethMeyers #Emmys after party #AlexaChung

A post shared by Lucy Liu (@lucyliu) on

Bronne: www.marieclaire.com, www.aol.com, www.urbo.com