Die koue winterlug kan veroorsaak dat jou hare uitdroog, wat meebring dat dit makliker breek en vaal lyk.

Die Britse haarkapper Charles Worthington het egter ’n nuwe toevoeging tot sy haarprodukte-reeks wat dié probleem kan oplos. Die Moisture Seal-produkte bevat argan-olie (inheems aan Marokko), wat ryk aan antioksidante en vitamien E is. Dié olie gee vog aan en voed jou hare sodat dit weer sag en blink is.

Ander produkte in die reeks is: Balancing Act, Frizz Free en Brilliant Shine.

* Charles Worthington-produkte is eksklusief by Clicks beskikbaar. 

 Oor Charles

  • Hy het eers argitektuur studeer, maar besluit om van beroep te verander.
  • Hy het al twee keer die British Hairdresser of the Year-toekenning gekry.
  • Sy drie salonne in Londen hanteer meer as 2 500 kliënte per week!
  • Van sy bekende kliënte sluit die aktrises Gemma Arterton, Annette Bening, Minnie Driver en Emilia Fox in.