Die YSL-vrou spog met haar oë en gebruik dié oogskadu om ’n betowerende voorkoms te kry. 

YSL Pure Chromatics bestaan uit vier nuwe oogskadu’s (elk met vier verskillende kleure) en kan droog óf nat aangewend word.

Meng ’n bietjie water by om dit romerig te maak. Die water los nie die poeier op nie, maar verhelder die kleur nóg meer.