’n Jeukerige kopvel is gewoonlik die eerste aanduiding van skilfers. Daar is meer as een oorsaak van dié klein wit vlokkies, soos ekseem, ongereelde haarwas-gewoontes en selfs fungus. Die eerste stap van behandeling is om te weet waar die probleem lê, sê dr. John Gray, ’n haarkundige van Head & Shoulders.

Een van die algemeenste oorsake van skilfers is ’n droë kopvel. Dit kom veral tydens die wintermaande voor omdat die lug droër is en baie warm water jou kopvel uitdroog. Persone met natuurlike droë of krullerige hare is ook meer geneig om ’n ongemaklike gevoel op hul kopvel te ervaar. 5 Stappe vir mooier hare Aan die ander kant het olierige hare nét so ’n groot kans vir skilfers. ’n Mengsel van vetterige olieklier-afskeiding en dooie velselle op jou kopvel kan ook skilfers en ’n jeukerige kopvel tot gevolg hê. Dit gebeur gewoonlik wanneer jou hare en kopvel vuil is as gevolg van die verkeerde of ongereelde gebruik van sjampoe. In sommige gevalle kan stres ook dié kondisie vererger.

Die eerste stap van behandeling is om te weet waar die probleem lê, sê dr. John Gray, ’n haarkundige van Head & Shoulders.

Ernstiger oorsake van skilfers sluit ekseem, seborree-dermatitis en die ontsteking van jou kopvel in. In dié gevalle is dit beter om jou dokter te besoek.

Uit die Skoonheidstoor: Hou jou hare glansend en gesond - lees meer!

Voorkom en behandel skilfers só:

  • Gebruik ’n bevogtigende sjampoe en masseer dit in jou kopvel en hare in.
  • Bly weg van enige chemiese haarbehandelings soos om jou hare te bleik of te golf (perm).
  • Drink die aanbevole agt glase water per dag om jou liggaam van binne te hidreer.
  • Borsel jou hare gereeld of bederf jouself met ’n kopvelmassering. Dit stimuleer bloedsirkulasie, wat jou kopvel voed.
  • Was jou hare gereeld en fokus veral daarop om die sjampoe goed in die wortels van jou hare in te werk.

Probeer dié produkte:

Head & Shoulders Moisturising Scalp Care Shampoo (R43 vir 200 ml) en Conditioner (R43 vir 180 ml) is ontwerp om jou hare en kopvel te bevogtig en teen hitte te beskerm.

Schwarzkopf Professional BC Scalp Therapy Deep Cleansing Shampoo (R217 vir 200 ml) bevat mentolekstrak wat olie en onsuiwerhede op jou kopvel verwyder en vetterige afskeiding verhoed. Beskikbaar by uitsoeksalonne.

schwarzkopf ScalpTherapy_DeepCleansing_Shampoo Schwarzkopf Professional BC Scalp Therapy Deep Cleansing Shampoo

Kry ’n tapisserie...in jou hare!