Die Japanse ontwerper Issey Miyake het in 1992 sy eerste parfuum, L’Eau D’Issey – wat letterlik “Issey se water” beteken – bekend gestel, en só die wêreld verras met ’n Oosterse geur wat lig en vars is.

Nou het Issey twee baie vroulike elemente, die roos en die kleur pienk, gebruik vir sy nuwe parfuum, L’Eau D’Issey Florale (R695 vir 50ml EDT). Die bottel het dieselfde eenvoudige ontwerp as die oorspronklike een, maar die ligpienk skynsel en ekstra blomnote gee sagtheid en vroulikheid aan dié ikoniese geur.

Kyk vanaf 1 Maart uit vir die nuwe geur.