“Afrika het my lewe verander,” skryf Bobbi Brown, skepper van die skoonheidshuis met dieselfde naam, op haar blog nadat sy Suid-Afrika vroeër vanjaar saam met haar gesin besoek het.

Hulle het tydens dié gesinsvakansie by die Londolozi Private Wildreservaat naby die Krugerwildtuin gebly. Sy was mal oor ons land se pragtige landskap, die diere, die mense en die liefdadigheid...

Bobbi skryf dat sy meer geleer het oor die liefdadigheidsorganisasie Good Work Foundation, waarby dié reservaat betrokke is. Die organisasie se doel is om plaaslike onderwys in die omgewing te verbeter.

Gaan lees wat Bobbi nog in haar blog geskryf het!