Al die natuurlike bestanddele wat in The Body Shop se produkte gebruik word, word volhoubaar verkry.

Hierdie skoonheidshuis het 28 gemeenskapverskaffers, 'n inisiatief waarmee hulle reeds sedert 1985 besig is. Dié projek koop hoë-gehalte natuurlike bestanddele teen ’n billike prys om te verseker dat dit ’n positiewe impak op die verskaffers se gemeenskappe maak.

In Ghana het The Body Shop byvoorbeeld vir Kuapa Kokoo – ’n verskaffer van kakaobotter – 7 skole gebou en boorgate geboor vir skoon drinkwater. Kakaobotter is ’n kernbestanddeel in vele skoonheidsprodukte omdat dit teen ons liggaamstemperatuur smelt.

The Body Shop Shea Body Butter (R120) bevat kakaobotter en galambotter (shea butter).  Lg. word ook in Ghana geoes.