Cecile Henning model “Ek het onlangs ’n produk ontdek van Willa Krause (’n Suid-Afrikaanse produk), wat die Photon (R1 150) genoem word. Dis ’n klein handtoestel wat met ligterapie en ultraklank werk. Dit word saam met ’n proteïenmasker en kollageen-serum gebruik en laat jou dadelik jonger lyk! Dermalogica se Intensive Moisture Mask (R535 vir 75 ml) werk ook baie goed om fyn lyntjies en droogheid te verminder.”