Hy wou ’n Spaanse flamenco-gevoel skep om by Charlize se swart Azzedine Alaïa-rok te pas. Maak dit só na:

  • Begin deur jou hare reguit te blaas as jy nie steil hare het nie 
  • Maak ’n kantpaadjie aan jou regterkant 
  • Vat ’n groot stuk van jou hare en maak dan ’n lae, los vlegsel aan die linkerkant van jou nek. Steek dit vas met ’n haarknippie 
  • Maak ’n vlegsel bo die ander een met die res van jou hare 
  • Draai albei vlegsels om ’n ronde, lae bolla te vorm en steek dit met knippies vas 

* Enzo het Moroccanoil® produkte op Charlize se hare gebruik