Oosterse vrugtegeure word gekombineer met warm sensuele geure soos lelie en roos saam met 'n tikkie van Christina se gunsteling: muskus.

Christina se inspirasie vir die parfuum kom van haar liefde vir Japan.

Haar doel met die parfuum is om vroue sexy en sensueel te laat voel met 'n bietjie koninklikheid. Die fietse, luuksebottel kom saam met 'n silwer-gelukbringer en jy kan tussen 'n soentjie (lippe), 'n waaiertjie, 'n fleur de lis of hartjie kies.

Maar dis nie hier waar Christina se sexy jaar eindig nie. Sy is ook te sien in die fliek, Burlesque, waarin sy teenoor Cher speel. Die voorprent is ook pas uitgereik en dit beloof om 'n lokettreffer te wees. Wees een van die eerstes om 'n voorsmakie hiervan te kry: