As jy 'n paar hakskoene aantrek, gee dit jou 'n sekere gevoel, jy is gereed om die wêreld aan te vat, nie net omdat jy langer en daarby slanker lyk nie, maar omdat 'n paar mooi hakskoene jou  sexy en vroulik laat voel.

Die skoonheidshuis, Avon se nuutste geur bekend as ; Slip into, is juis deur daardie gevoel geinspireer en die beeldskone supermodel, Christy Turlington is gekies as die gesig. Christy wat al haar lyf model gehou vir groot name soos Calvin Klein, Chanel, Maybeline, YSL en meer onlangs Louise Vuitton, advertensieveldtogte beskryf die geur as :"a blend of freesia, black raspberry and rosewood."

Turlington wat ma is van Grace(7) en seuntjie Finn(4) sê nogals sy is nie die tipe ma wat in haar hakskoene haar kinders by die skool oplaai nie. Haar dogtertjie, Grace, het selfs al vir haar gesê:" Jy's nie 'n fancy ma nie" Turlington sê sy hou wel daarvan om hakskoene aan te trek wanneer sy na 'n spesiale geleentheid toe gaan, waarvan die bekende Christian Louboutin en Jimmy Choo onder meer van haar gunstellinge is!

Slip into sal in Februarie 2011 in Europa bekend gestel word en teen Oktober 2011 in Amerika.

Die geur word deur International Flavors & Fragrances Inc vervaardig