Die akteurspaar Carel Nel en Cintaine Schutte het onlangs in die hart van die Moederstad getrou. Die troufoto’s word eksklusief in SARIE se Januarie-uitgawe (nóú te koop!) gedeel.

FOTO’S Jenni Elizabeth

Marí Conradie, grimeerkunstenaar en haarstileerder van Mooistemooi, het saam met Cintaine beplan aan ’n voorkoms wat die rok sou komplimenteer. “Ons het baie gesit en gesels oor die tipe look wat sy wil hê vir die troue en baie gewerk met hoe haar rok gaan lyk.”

Haar moderne poniestert:

Die inspirasie? Die sosiale vlinder en model Olivia Palermo op haar troudag in 2014. En die eindresultaat? ’n Moderne bokstert!

FOTO Instagram / Olivia Palermo

Die opstyl het haar rok se hoë halslyn gekomplementeer en steeds haar sleutelbene mooi gewys, verduidelik Marí. “Ek het haar hare lekker gekrul en dit opgevat. Dit was ’n goeie balans tussen boheems en stylvol.” Haar haarvoorkoms was sag en spontaan.

“Wat dit vir my cool maak, is die feit dat ons teen die reëls gegaan het en eerder flyaways geskep het en nié dit weggesteek het nie.” 

FOTO Jenni Elizabeth
FOTO Jenni Elizabeth

Onthou ...

  • Maak seker jy gebruik ’n sterk haarrekkie sodat die poniestert mooi in plek kan bly.
  • Draai ’n klein gedeelte van jou hare om jou poniestert om die haarrekkie te verbloem. 

Die perfekte grimering vir ’n bruid:

“Sy wou soos ’n bruid voel, maar sy wou ook graag soos haarself lyk,” sê Marí. Hulle het ’n middeweg gevind by wyse van ’n katoog om haar oë oop te maak, met minimale onderlaag vir ’n glansende, natuurlike voorkoms.

Marí beskryf die voorkoms as tydloos en elegant, iets wat by elke vrou mooi sal lyk.

Die fokus was op haar oë ...

“Ek wou haar oë beklemtoon, sy het verskriklike mooi oë.” Marí het haar oë met behulp van vals wimpers en ’n swart oogomlyner beklemtoon. Sy sê dat dit steeds belangrik was om ’n sagte voorkoms aan haar oë te gee met trefkrag. Sagte skakerings van pruim, bruin en so bietjie goud het goed gewerk. 

Probeer die produkte:

Lancome Liner Plume in 01 Noir (R380)

Bobbi Brown Long-Wear Gel Eyeliner in Black (R420)

Stila Stay All Day Waterproof Liquid Eye Liner in Carbon Black (R320)

Dié troue is in die Januarie-uitgawe van SARIE - nou landwyd op winkelrakke beskikbaar.