Een uit elke vier vroue bekommer hulle oor pigmentasie - naas lyntjies is dit ons grootste velkwelling.

Nou het die skoonheidshuis Clinique 'n unieke antwoord - 'n liggewig, olievrye onderlaag wat ook pigmentasie beveg. Hoe meer jy dit gebruik, hoe minder het jy dit nodig!

Die nuwe Clinique Even Better Makeup SPF 15 (R265) skep dadelik 'n gladde, egalige gelaat terwyl kragtige antioksidante soos vitamiene C en E en witberk-ekstrak jou velkleur eenvormig hou en verdere verkleuring voorkom. Hierdie "slim" onderlaag bevat ook 'n SBF 15 om die son - die hoofsondaar wat pigmentasie betref - af te weer. Dis beskikbaar in 12 skakerings en is ontwerp vir droë, kombinasie- en olierige velle van alle ouderdomme.

Beskikbaar vanaf middel-April by Clinique-toonbanke.