“Wanneer my vel moeg voel, gebruik ek Clarins Beauty Flash Balm (R365) om dit nuwe lewe te gee. Clarins se Eye Revive Beauty Flash (R365) laat weer dadelik my oë varser voel en sit die sprankel terug.”

Corine drink ook baie water en sy glo in vitamienaanvullings om haar vel mooi te hou.

“Ek besoek ’n homeopaat wat my bloed ontleed om vas te stel of ek enige vitamientekorte het,” sê sy.