Het jy al die advertensies op Facebook met negatiewe boodskappe oor jou voorkoms gesien? Jy kan help om dié advertensies met positiewe boodskappe te vervang, danksy ’n nuwe Facebook-toepassing (app) van Dove.

Nadat Dove vroeër vanjaar in ’n studie gesien het dat net 4% van vroue hulself as mooi sien, het hulle besluit om die skoner geslag se persepsie van hulself te verander. Dié dat Dove hul Ad Makeover-toepassing op die been gebring het.

Hierdie toepassing laat jou toe om ’n mooi boodskap te kies wat in advertensies op ’n sekere groep Facebook-verbruikers se profiele verskyn. Hierdie boodskappe is onder meer:

Every body is beautiful Hallo Beautiful The perfect bum is the one you’re sitting on.

Dié boodskap sal dan aan vroulike Facebook-gebruikers wys wat aangedui het dat hulle ’n belangstelling in liefde, fiksheid, lywe, loopbane of skoonheid het.

advertensieDove koop advertensieruimte op Facebook vir elke Facebook-verbruiker wat die toepassing gebruik en hul eie, positiewe advertensie maak. Hierdie advertensie verskyn dan op Facebook. Die idee is dat daar al minder plek vir ander advertensies, wat soms negatief is, bestaan omdat hierdie positiewe advertensies al hoe meer op Facebook gaan verskyn.

In die eerste week wat die toepassing internasionaal op Facebook bekend gestel is, is dit meer as 253 miljoen keer besoek. Dié toepassing is tot einde Desember op Dove se plaaslike Facebook-blad beskikbaar.

Skep jou eie advertensie só:

FOTO: verskaf FOTO: verskaf

  • Besoek die Facebook-app.
  • Klik die opsie om jou eie, persoonlike boodskap te skep.
  • Kies een van die ses inspirerende boodskappe.
  • Kies die groep vroue aan wie jy die boodskap wil stuur.

    Kies jou gunsteling-kleur om die advertensie te raam.

  • Klik ‘send’.
  • Nou sal die toepassing bereken hoeveel vroue deur jóú advertensie bereik sal word.