Die bekende skoonheidshuis REVLON het vandag ’n splinternuwe advertensieveldtog begin met een duidelike boodskap – deel jou liefde!

Met die onthulling van hul Global Love Beacon, ’n interaktiewe advertensiebord wat in Times Square in New York opgerig is, wil dié skoonheidshuis aanhangers regoor die wêreld ’n kans gee om hul liefdesoomblikke te deel. Mense kan foto’s, video’s en boodskappe op sosiale media met die #LOVEISON-hutsmerk deel. Dié boodskappe sal dan moontlik op die Global Love Beacon te sien wees.

Jou mooiste rooi lippe met skoonheidshuis se nuwe reeks

Met dié unieke veldtog vier REVLON die herbekendstelling van hul handelsmerk met die fokus om nuwe liefde en ’n verbintenis met mense wêreldwyd op ’n emosionele vlak te inspireer, sê Lorenzo Delpani, uitvoerende hoof van REVLON. “Sodra ’n vrou REVLON-grimering aanwend, wil ons hê liefde moet haar verbeelding vasvang; haar op ’n reis neem waar sy deur die verskillende dimensies van liefde betower sal word.”

Kyk hiér na ’n video waar die nuwe LOVE IS ON-advertensieveldtog bekend gestel word.

Die Gary Rom-blog: Hoe rooier, hoe mooier!

Die SARIE-span in die Johannesburg-kantoor het besluit om óók hul liefde te deel.

Die SARIE-span in JHB deel ons liefde! Die SARIE-span in JHB deel ons liefde! FOTO: Instagram @sarietydskrif

Laat jou lippe voller voorkom met dié wenke