Jy kan nou by Clinique-toonbanke in Edgars (Woodlands Boulevard en Menlyn-winkelsentrum in Pretoria) hul splinternuwe app gebruik om jou vel te “diagnoseer” op die iPad wat daar beskikbaar is.

Beantwoord net die vrae op die app om vas te stel wat jou velsoort is en watter produkte hulle vir jou aanbeveel. Dit word selfs onmiddellik op ’n strokie uitgedruk!

SARIE se skoonheidsassistent, Liesl du Toit, was by die bekendstelling.

Liesl met haar strokie wat uitgedruk word nadat jy al die vrae op die app beantwoord het. Dit sê vir jou watter velsoort jy het en watter Clinique-produkte vir jou voorgestel word.

SARIE se skoonheidsassistent, Liesl du Toit, met die iPad waarop jy self 'n vel-"diagnose" kan doen.