Aktrise Diane Kruger is pas aangewys as een van die nuwe gesigte van L’Oréal. Dié Duitser het in 2004 internasionaal bekend geword vir haar rol as Helen in die fliek Troy.

Diane is nou deel van L’Oréal se uitsoekgroep ambassadeurs saam met sterre soos Penélope Cruz, Evangeline Lilly, Jane Fonda, Beyoncé Knowles en Freida Pinto. Sy verfilm vanjaar ’n nuwe fliek saam met Liam Neeson – Unknown White Male.