By ’n skoonheidsalon of tuis, ’n gladde lyf hoef nie pynlik te wees nie. Raak ontslae van ongewenste hare met die´ maklike riglyne

Room

Hoe werk dit?

Ontharingsrome bevat bestanddele wat die hare op die veloppervlak verswak en afbreek. Jy los dit vir sowat tien minute aan om te ontwikkel en was dit dan af. Die´ metode is pynloos.

Beste vir...

Jou bene, onderarms en bikinilyn.

Pasop

Moenie ’n ontharingsroom langer as die aangeduide tyd op jou vel hou nie. Dit kan jou vel irriteer of selfs brand.

Onthou

Skilfer jou vel ’n dag voordat jy ’n ontharingsroom gebruik af. Minder sellagies tussen jou vel en die room sorg vir ’n gladder vel na´ ontharing.

Was die deel waar jy die hare wil verwyder met warm water vo´o´r jy die ontharingsroom aanwend. Dit verwyder olie van jou vel sodat die middel beter werk.

Lees nou