Dié week vertel Eloïse Myburgh, hoofstilis by Gary Rom Hairdressing Woodlands, hoe sy Protea-kaptein Faf du Plessis se vrou, Imari, se hare gekleur het.

"Ek het die voorreg gehad om Imari du Plessis se hare te doen. Sy is een van ons Gary Rom-ambassadeurs en ’n wonderlike vrou. Sy het die dag voor die SA krieket-toekennings kom inloer om seker te maak haar haarkleur is vars en gereed vir dié glansgeleentheid.

Faf & Imari se droomtroue op Stellenbosch

"Sy het pas teruggekeer van Indië (waar Faf in die IPL-reeks gespeel het) en haar hare het gely onder die hitte van die land. Dit was gedehidreer en het ’n bietjie tender loving care nodig gehad!"

Hoe het hulle Imari se hare versorg?

  • Die Gary Rom In Salon Treatment kombineer Amino Therapy- en Cortex Repair-behandelings
  • Vra vir behandelings wat kollageen of die koënsiem Q10 bevat om jou hare te bevog en sag te maak (soos die Amino Therapy)
  • As jou hare gebreek is, vra spesifiek vir ’n behandeling wat jou hare sal herstel (soortgelyk aan die Cortex Repair)

Dié behandelings is onder die k-mist gedoen. Die k-mist is ontwerp om die behandeling langer te laat hou en dieper in jou hare te laat intrek. Dit blaas eers warm stoom om jou haarkutikels oop te maak, daarna koue lug om dit weer te seël. Ná dié behandeling het Imari se hare soos sy gevoel, vertel Eloïse.

Haarkleur

"Ek wou haar voorkoms ophelder. Sy het voorheen ’n ombré by ons Brooklyn-salon laat doen, daarom het ek eers ’n paar strepies op haar kop en rondom haar gesig in foelie gekleur. Dit het haar hele voorkoms opgehelder en haar oë laat uitstaan. Nou het sy ’n sun kissed-voorkoms."

Só het Imari se hare gelyk nadat Eloïse dit gekleur het FOTO: verskaf Imari se hare nadat Eloïse dit gekleur het.
FOTO: verskaf

WENK: Kleur jou wortels een skakering donkerder sodat jou hare nie baie instandhouding verg nie.

Só het Imari se hare gelyk toe sy Faf na die SA krieket-toekennings vergesel het. Haar hare is by die Gary Rom-salon in Melrose Arch, Johannesburg, gestileer. Dit het haar rok perfek gekomplementeer.

Imari se hare by die SA Krieket-toekennings verlede week FOTO: verskaf Imari se hare by die SA krieket-toekennings verlede week.
FOTO: verskaf

Imari gebruik dié produkte

imari du plessis produkte

  • Gary Rom Hair Care Hydro Boost-sjampoe en -opknapper. Dit bevog jou hare én maak dit sterk.
  • Een keer per week behandel sy haar hare by die huis met Gary Rom Hair Care Essential Ballance, ’n behandeling wat jou hare voed, herstel en versterk.
  • Vir meer volume teen haar wortels, ’n bietjie va va voom in haar hare, gebruik Imari Gary Rom Hair Care Foundation Spray. Dit is een van haar gunsteling-produkte.
  • Gary Rom Hair Care Mist Hydrate is ’n opknapper wat jy in jou hare los. Dit bevat UV-filters om jou hare teen die hitte van onder meer jou haardroër te beskerm.

Imari en Eloïse FOTO: verskaf Imari en Eloïse
FOTO: verskaf

*Eloïse Myburgh is ’n hoofstilis by Gary Rom Hairdressing Woodlands (012 997 5468)

Nóg blogs deur die Gary Rom-span