Kort hare is terug en dis gróót, sê kunsdirekteur Calvin Rom van Gary Rom Hairdressing The Grove. Kort en ikoniese haarstyle beteken nie noodwendig net die pixie-snit nie. Enigiets van ’n bob en korter is groot vir dié seisoen. Ek is mal oor kort haarstyle en probeer dit altyd só sny dat dit op meer as een manier gedra kan word - getekstureerd en funky een dag, en die volgende dag glad en sexy.

Kort hare is baie veelsydig en kan vinnig in die oggend gestileer word.

Sorg dat jou hare goed gesny word. Ek haat dit as ek vroue sien wat die haarsalon verlaat, maar ná die eerste was lyk hul hare nie weer só goed nie. Die rede hiervoor is dat haarstiliste nie hul kliënte wys hoe om die styl op hul eie te kry nie.

Inspirasie vir kort hare

Jennifer Lawrence

Jennifer is ’n goeie voorbeeld van hoe veelsydig jy jou kort hare kan dra.

Minki van der Westhuizen

Minki van der Westhuizen FOTO: Instagram Minki van der Westhuizen FOTO: Instagram

Pi!nk

images

Nadia Valvekens

FOTO: Aubrey Jonsson FOTO: Aubrey Jonsson

FOTO: Aubrey Jonsson FOTO: Aubrey Jonsson

Anne Hathaway

FOTO: Instagram (@annehathaway1982) FOTO: Instagram (@annehathaway1982)

Anne Hathaway FOTO: Gallo Images / Getty Images Anne Hathaway FOTO: Gallo Images / Getty Images

Kate Moss

Kate Moss Telegraph magazine 2002

calvin rom gary rom

* Calvin Rom is die kunsdirekteur by Gary Rom Hairdressing The Grove (012 807 6205)

Nóg Gary Rom-wenke op SARIE.com