Die span wat bekendes soos Karlien van Jaarsveld, Dunay van Heerden en Rolene Strauss se kapsels versorg, deel hul beste haarwenke. Vandag vertel Lizanne Erasmus, kunsdirekteur by Gary Rom Southdowns, hoe om die sombré voorkoms te kry.

"Die sombré voorkoms is ’n unieke kleur omdat dit jou stilis se talent en persoonlikheid wys - daarom sal jy niemand anders met dieselfde kleur kry nie. Dit nét vir jou en jou spesifieke hare berei!

Die verskil tussen ombré en sombré is:

  • Sombré is meer natuurlik
  • Die kontras tussen die boonste en die onderste kleur by ’n sombré is nie so groot soos by ombré nie
  • Waar die ligter dele by ’n ombré onder lê, is dit omgekeerd by ’n sombré

Die sombré voorkoms is ’n verbetering op die ombré - uit met die oue en in met die nuwe!"

Gary Rom

Sterre wat hul ombré vir ’n sombré verruil het

 Jennifer Lopez

Khloe Kardashian

 Hanna Grobler

Jessica Biel

Jessica Biel, Justin Timberlake se stylvolle vrou, by 'n geleentheid van Tiffany & Co. FOTO: Instagram (@tiffanyandco) Jessica Biel, Justin Timberlake se stylvolle vrou, by 'n geleentheid van Tiffany & Co.
FOTO: Instagram (@tiffanyandco)

Lees nog blogs van Gary Rom en sy span HIER.

lizanne erasmus gary rom

Lizanne Erasmus, kunsdirekteur by Gary Rom Southdowns (012 665 0188).