Die span wat bekendes soos Karlien van Jaarsveld, Dunay van Heerden en Rolene Strauss se kapsels versorg, deel hul beste haarwenke. Vandag vertel Freya Labuschagne, kreatiewe direkteur by Gary Rom Woodlands, hoe hulle Melinda Bam se warm-blonde haarkleur kry.

"Ons het besluit om weg te beweeg van Melinda Bam se trouhare wat baie lank en baie blond was.

Ons het dit eers korter gesny en dit in meer lae gesny. Vir die kleur het ons ligstrepies met ’n goue ondertoon bygevoeg, met donkerder goue strepies tussendeur. Ons het die res van die hare beige-blond gemaak om die helder-blonde voorkoms weg te neem.

gary rom FOTO: Verskaf

Ons het daarna haar hare behandel met Gary Rom Hairdressing se Amino Therapy en Gary Rom Hairdressing Silk Gloss. Melinda het ook ’n K-mist-behandeling ontvang wat dié behandelings toelaat om dieper in die hare te werk."

Freya Labuschagne FOTO: verskaf Freya Labuschagne
FOTO: verskaf

*Freya Labuschagne is die kreatiewe direkteur by Gary Rom in Woodlands, Pretoria (012 997 5468)