Die span wat bekendes soos Melinda Bam, Karlien van Jaarsveld, Dunay van Heerden en Rolene Strauss se kapsels versorg, deel hul beste haarwenke. Vandag wys Natascha Hall, haarstilis by Gary Rom Hairdressing Woodlands, hoe jy die vintage-vingerkrul kry.

Dié tipe krul herinner ons aan ou Hollywood - Marilyn Monroe met haar wit rok wat wapper; ’n kruis tussen Ava Gardner in die 50's en die flapper-styl van die 1920's.

FOTO: Verskaf deur Gary Rom Hairdressing FOTO: Verskaf deur Gary Rom Hairdressing

Maar deesdae word dié retro-haarstyl nie so styf gekrul soos in die ou dae nie. Om dit modern te maak, is die krulle losser sodat jy steeds jou vingers daardeur kan trek.

FOTO: Verskaf deur Gary Rom Hairdressing FOTO: Verskaf deur Gary Rom Hairdressing

Só kry jy dié glansryke krul

  1. Begin met droë hare. Verdeel in 2 cm- tot 4 cm-seksies en sprei met ’n tekstuur-sproei soos Gary Rom Hairdressing se Texture Advanced (R195) en krul dit met warm krullers.

  2. Sodra die krullers afgekoel het, deel en stileer die krulle met jou vingers.

  3. Spuit haarsproei aan soos L'oreal Fix Design (R270) sodat die krulle hou en blink.

tash copy copy

*Natascha Hall is ’n haarstilis by Gary Rom Hairdressing Woodlands (012 997 5468)