Bekendes soos Melinda Bam, Karlien van Jaarsveld en Kurt Darren vertrou Gary Rom en sy span met hul hare. Nou blog dié span van Gary Rom Hairdressing vir ons oor alles wat jy moet weet vir die mooiste kapsel!

Dié winter is hare met volume groot nuus. Natascha Hall, haarstilis by Gary Rom Hairdressing Woodlands, deel haar wenke sodat jou hare nie platval nie.

In die winter sukkel die meeste van ons - lang of kort hare - met droë, statiese en weerbarstige hare. Tans is groot hare met baie volume groot nuus. Hier is ’n maklike manier om met min moeite jou hare droog te blaas en te stileer vir die winter. Die groter volume en sagte krulle is baie vroulik en laat enige gesig sagter lyk.

Dié model het lang hare, maar dit werk net so goed vir korter hare. Stap 1 Was jou hare met produkte wat jou hare en kopvel bevog en druk dit met ’n handdoek droog. Kam deur met ’n wyetand-kam.

photo 4

Stap 2

Wend ’n produk aan wat jou hare teen hitte beskerm - gewoonlik is ’n haselneut-grootte druppel genoeg vir jou hare. Versprei eweredig deur jou hare, veral die punte.

photo 5

Stap 3

Om baie volume by jou wortels te kry, spuit ’n root lifter aan. Jy kan ook ’n produk gebruik wat ekstra tekstuur aan jou hare verleen - dít sal jou hare beheer sonder om dit swaar te maak. photo 4[1] Stap 4 Gooi jou hare vooroor en maak droog met ’n diffuser op warm hitte. Jou hare moet sowat 80% droog wees. Gooi jou hare weer terug en maak verder met die diffuser droog tot heeltemal droog. Moenie jou hare trek met die diffuser nie. Die hitte sal ook help om die krulle te beheer en nie te laat kroes nie.

photo 5[1]

Stap 5

Gebruik ’n olie of serum om die tekstuur in jou hare te beklemtoon. As dit ’n spuit is, hou dit altyd sowat 10 cm van jou hare. Druk die produk in jou hare.

photo 2[1] Stap 6

Vir ekstrablink hare, gebruik ’n shimmer paste. Dié stap is nie altyd nodig nie, maar verleen ekstra glans in die winter wanneer almal se hare ’n bietjie dowwer is.

photo

Model: Mercia Smit

Die produkte wat Natascha gebruik het

gary

  • Om jou hare teen die hitte te beskerm, gebruik Gary Rom Hair Care Hydrodefense
  • Gebruik ’n root lifter op jou wortels. Natascha het Gary Rom Hair Care Foundation Spray gebruik
  • Vir ekstra tekstuur is Gary Rom Hair Care Texture Advance op Mercia se hare gebruik
  • Rond jou droë hare af met 'n olie of serum soos Gary Rom Hair Baobab Oil
  • Nie nodig nie, maar vir ekstra glans kan ’n produk soos Gary Rom Hair Care Gloss Fibre gebruik word

tash copy copy

*Natascha Hall is ’n haarstilis by Gary Rom Hairdressing Woodlands (012 997 5468)